Opioïed
From Wikipedia, the free encyclopedia
Opioïede is middels wat ’n soortgelyke uitwerking as morfien het wanneer dit die opioïedreseptore, reseptore op die seloppervlak, bereik.[1] Medies word hulle hoofsaaklik gebruik as pynstiller, insluitende narkose.[2] Ander mediese gebruike sluit in behandeling van diarree en ’n opioïed-oordosis, om hoes te onderdruk[2] en vir teregstellings in Amerika. Baie sterk opioïede word slegs vir veeartsenydoeleindes goedgekeur.[3][4][5]
Opioïede word dikwels as dwelmmiddel gebruik vanweë die euforiese uitwerking daarvan of om onttrekkingsimptome te voorkom.[6]