Penny Heyns
Suid-Afrikaanse swemmer / From Wikipedia, the free encyclopedia
Penelope ("Penny") Heyns OIS (gebore 8 November 1974 in Springs) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse swemster wat bekendheid verwerf het as die enigste vrou in die geskiedenis van die Olimpiese Spele wat beide die 100 m en 200 m borsslagitems tydens die Olimpiese Spele in 1996 in Atlanta gewen het. Dit het haar die eerste Suid-Afrikaanse gouemedaljewenner na apartheid gemaak, met die hertoelating van Suid-Afrika tot die Spele in 1992. Vier jaar later wen sy 'n bronsmedalje by die Olimpiese Spele van 2000 in Sydney. Saam met die Australiese kampioen Leisel Jones is Heyns as een van die beste borsslagswemmers beskou.[1]
Kitsfeite Gebore, Nasionaliteit ...
Penny Heyns | |
---|---|
Penny Heyns in 2015 in Times Square, New York (2015) | |
Gebore | Penelope Heyns 8 November 1974 (1974-11-08) (49 jaar oud) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Swemmer |
Sluit
Kitsfeite Medaljes gewen, Swem – vrouens ...
Medaljes gewen | ||
---|---|---|
Swem – vrouens | ||
Deelnemer vir Suid-Afrika | ||
Olimpiese Spele | ||
Goud | 1996, Atlanta | 100 m-borsslag |
Goud | 1996, Atlanta | 200 m-borsslag |
Wêreldbeker-reeks vir kort baddens | ||
Silwer | 1999, Hongkong | 50 m-borsslag |
Silwer | 1999, Hongkong | 100 m-borsslag |
Silwer | 1999, Hongkong | 200 m-borsslag |
Pan-Pasifiese Spele | ||
Goud | 1995, Atlanta | 100 m-borsslag |
Goud | 1999, Sydney | 100 m-borsslag |
Goud | 1999, Sydney | 200 m-borsslag |
Silwer | 1995, Atlanta | 200 m-borsslag |
Silwer | 1997, Fukuoka | 100 m-borsslag |
Statebondspele | ||
Goud | 1994, Victoria | 100 m-vryslag |
Sluit