Spegte
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die spegte behoort tot die voëlfamilie Picidae in die spegvoëlorde (Piciformes). Die familie van bykans 200 spesies en het 'n redelik kosmopolitiese verspreiding, maar is afwesig in Australië, Madagaskar en Antarktika.[1]
Kitsfeite Picidae, Wetenskaplike klassifikasie ...
Picidae | |
---|---|
'n Hispanoliaspeg in die Dominikaanse Republiek, Sentraal-Amerika | |
'n Helmspeg (D. pileatus) trommel op dooie hout | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | Picidae Vigors, 1825 |
Subfamilies | |
Sluit
Die spegfauna van Afrika blyk van Eurasiese oorsprong te wees. Hulle word aangetref van seevlak tot oor 5000 meter in die Andesgebergte. Hierdie groep kloutervoëls is hoogsgespesialiseerd in die uitdelwing van insekte uit hout of boombas. Enkele spesies is egter gedeeltelik of hoofsaaklik grondlewend, en ander is omnivore. Spegte is monogame standvoëls (enkeles migreer) wat sterk territoriale gedrag openbaar.[1] Hul vlug is sterk en golwend.