Turkse Republiek van Noord-Siprus
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Turkse Republiek van Noord-Siprus (Turks: Kuzey Kıbrıs Türk Cumhuriyeti)[6] of kort Noord-Siprus (Kuzey Kıbrıs) is volgens internasionale reg 'n deel van Siprus. Die de facto onafhanklike republiek[7][8][9] word slegs deur Turkye as 'n onafhanklike land erken.[10]
| |||||
Volkslied: İstiklal Marşı (Turks vir: "Onafhanklikheidsmars") | |||||
Hoofstad | Noord-Nicosia (de facto) Nicosia (de jure)[1] | ||||
Grootste stad | Noord-Nicosia (Kuzey Lefkoşa) | ||||
Amptelike tale | Turks | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Ersin Tatar Ünal Üstel | ||||
Onafhanklikheid • Verklaar • Erken |
van Siprus 15 November 1983[2] net deur Turkye | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
3 355 km2 (–) 1 295 myl2 2,7 | ||||
Bevolking - 2021-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
382 836[3] (–) 286 257 114 / km2 (–) 295,3 / myl2 | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2018-skatting | ||||
Geldeenheid | Lira () (TRY ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
OET[5] (UTC+2) OEST (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .nc.tr of .ct.tr; wye gebruik van .cc | ||||
Skakelkode | +90 392 |
Die Turkse Republiek van Noord-Siprus bestaan sedert 1974[11][12][13][14] en op 15 November 1983 het Noord-Siprus sy onafhanklikheid verklaar. Die republiek is in die noordelike deel van Siprus geleë en die hoofstad is Noord-Nicosia (Kuzey Lefkoşa). Die Turkse Republiek van Noord-Siprus het 'n bevolking van 382 836 in 2021 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 3 355 km². Die oplossing van die Siprus-konflik is een van die voorwaardes vir die aansluiting van Turkye by die Europese Unie.[15]