Vaaldam
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Vaaldam is in 1938 voltooi nadat die aanvraag na water in Johannesburg aansienlik gegroei het. Die dam is gebou by die samevloei van die Wilge- en Vaalrivier sowat 70 km suid van Johannesburg en sowat 30 km suidoos van Vereeniging. Dit is die tweede grootste dam in Suid-Afrika in terme van oppervlakarea en het die vierde grootste volume van alle damme in Suid-Afrika. Drie provinsies grens aan die dam, naamlik Gauteng, Vrystaat en Mpumalanga.
Vaaldam | |
---|---|
Die Vaaldam | |
Ligging | Grens aan Gauteng, Vrystaat en Mpumalanga |
Provinsie/Land | Suid-Afrika |
Koördinate | 26°52′56″S 28°06′58″O |
Dam in | Vaalrivier |
Doel | Nywerheid en huishoudelik |
Openingsdatum | 1938 |
Eienaar | Departement Waterwese |
Soort dam | Gravitasiedam |
Hoogte van wal | 54,2 m |
Bakmaat | 2 609 799 000 m3[1] |
Reservoir | Vaaldam |
Damoppervlak | 320 km2[1] |
Die Vaaldam se opvangsgebied is sowat 38 500 km² groot waarvan die grootste gedeelte in die Vrystaat is. Die gemiddelde jaarlikse neerslag in die opvangsgebied is 700 mm. Die natuurlike invloei van die dam is 1 950 miljoen kubieke meter per jaar, maar die Grootdraai en Sterkfonteindamme stroomop beperk die natuurlike invloei van water tot 1 400 miljoen kubieke meter per jaar. Die Vaaldam se oppervlakarea as dit vol is, is 320 km² en die dam kan 2 609 miljoen kubieke meter water opgaar.