Zahara
Suid-Afrikaanse musikant (1987–2023) / From Wikipedia, the free encyclopedia
Zahara, regte naam Bulelwa Mkutukana (9 November 1987, Phumlani, Oos-Kaap – 11 Desember 2023), was 'n Suid-Afrikaanse sangeres. Haar musiek is losweg as "Afrosoul" geklassifiseer, en sy het in haar moedertaal, Xhosa, asook in Engels gesing.[1] Haar musiek was as 'n mengsel van style beskryf wat deur Tracy Chapman, India Arie en die Nigeriese sangeres Aṣa gepopulariseer is.[2]
Zahara | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Bulelwa Mkutukana |
Gebore | 9 November 1987 Phumlani, Oos-Kaap (Suid-Afrika) |
Sterf | 11 Desember 2023 (op 36) Johannesburg |
Genres | Afrosoul |
Beroep(e) | Sangeres-liedjieskryfster, digteres |
Instrumente | Akoestiese kitaar |
Etikette | EMI South Africa |
Zahara se debuutalbum Loliwe is in 2011 uitgereik. Die eerste stapel kopieë was binne 72 uur uitverkoop[1] en negentien dae later het die album die 100 000-verkoopsyfer oorskry.[3] Sy is slegs die tweede kunstenaar om hierdie mylpaal te behaal, ná Brenda Fassie wie se Memeza 500 000 kopieë net 'n paar weke ná vrystelling verkoop het.[3]
Sy verower 8 SAMA-toekennings vir haar album Loliwe by die 19de Suid-Afrikaanse Musiekpryse in 2013.[4]
Zahara is in die Phumlani informele nedersetting buite Oos-Londen in die Oos-Kaap gebore. Sy het van kleins af 'n voorliefde vir sang gehad en haar talent is raakgesien toe sy die hoofsanger van die plaaslike Sondagskoolkoor in Phumlani geword het.
"Zahara" beteken "bloeiende blom".