Anne Bancroft
From Wikipedia, the free encyclopedia
Anne Bancroft (gebore as Anna Maria Louisa Italiano;[1] 17 September 1931 – 6 Junie 2005) was ’n Amerikaanse aktrise. Sy is gerespekteer vir haar kragtige en veelsydige werk in rolprente en op die verhoog en televisie. Sy het ’n Oscar, drie Baftas, twee Golden Globes, twee Tonys en twee Emmys gewen, asook ander pryse en benoemings.[2][3]