Apiacá
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Apiacá of Apiaká is ’n inheemse volk van Brasilië wat in die noorde van die deelstaat Mato Grosso, naby die grens met Pará, woon.[2] Hulle praat ’n Apiacá-taal, wat 'n subgroep van die Tupí-Guaraní-tale is, hoewel baie vandag Portugees praat.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Apiacá | |
---|---|
’n Skildery van Apiacá-lede, deur Hércules Florence. | |
Totale bevolking: | 850 (2014)[1] |
Belangrike bevolkings in: | Brasilië (Mato Grosso, Pará) |
Taal: | Apiaká Portugees[2] |
Geloofsoortuiging: | Tradisioneel[1] |
Verwante etniese groepe: |
Sluit
Daar is geglo die naam "Apiaká" kom van die Tupí- woord apiapa, wat man of mens beteken. Die Apiacá-leiers het egter verduidelik hul volk se naam "verwys na ’n perdeby wat lang afstande aflê om met ’n besonder pynlike steek wraak te neem as dit aangeval is". [3] Die naam verduidelik ook hul geloof in oorlog en hul vegterhouding.[3]