Brasilië
land in Suid-Amerika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Brasilië (Portugees: Brasil, [bɾaˈziw], luister (hulp·inligting)), amptelik die Federatiewe Republiek Brasilië (República Federativa do Brasil, luister (hulp·inligting)[9]), is die grootste land en ook dié land met die grootste bevolking in Latyns- en Suid-Amerika. Dit is verder ook die vyfde grootste land in die wêreld ten opsigte van bevolking en grondgebied. Dié land strek oor die uitgestrekte gebied vanaf Sentraal-Suid-Amerika en die Atlantiese Oseaan. Dié land strek die verste oos van al die lande in die Amerikas en grens aan Uruguay, Argentinië, Paraguay, Bolivië, Peru, Colombia, Venezuela, Guyana, Suriname en die Franse département Frans-Guyana. Brasilië grens inderwaarheid aan bykans elke Suid-Amerikaanse land behalwe vir Ecuador en Chili[10] en beslaan 47,3% van dié vasteland se oppervlak.[11]
| |||||
Nasionale leuse: Ordem e Progresso (Portugees vir "Orde en vooruitgang") | |||||
Volkslied: Hino Nacional Brasileiro Vlagvolkslied: Hino à Bandeira Nacional[1] | |||||
Hoofstad | Brasília | ||||
Grootste stad | São Paulo | ||||
Amptelike tale | Portugees[2] | ||||
Regering | Federale presidensiële grondwetlike republiek Luiz Inácio Lula da Silva Geraldo Alckmin | ||||
Onafhanklikheid • Verklaar • Erken • Republiek • Huidige grondwet |
van Portugal 7 September 1822 29 Augustus 1825 15 November 1889 5 Oktober 1988 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
8 515 759[3] km2 (5de) 3 287 956 myl2 0,65 | ||||
Bevolking - 2022-skatting - 2010-sensus - Digtheid |
217 240 060[4] (7de) 190 732 694[5] 25 / km2 (193ste) 64,7 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,754[7] (87ste) – hoog | ||||
Gini (2020) | 48,9[8] – hoog | ||||
Geldeenheid | Real (BRL ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
BRT (UTC-2 tot -5) BRST (UTC-2 tot -5) | ||||
Internet-TLD | .br | ||||
Skakelkode | +55 |
Brasilië bevat uitgebreide landbougebiede en reënwoude. Met sy baie natuurlike hulpbronne en groot arbeidsmark is dié land Suid-Amerika se leidende ekonomiese moondheid.[12]
Omdat dit 'n kolonie van Portugal was, is Portugees die amptelike taal van Brasilië[13] – die grootste Portugeessprekende land in die wêreld en die enigste een in die Amerikas.[14] Die naaste Portugeessprekende land is Kaap Verde in Afrika en noordoos van Brasilië geleë.
Brasilië het die wêreld se tweede grootste Christen-bevolking na die Verenigde State (151 miljoen) en ook die wêreld se grootste Rooms-Katolieke bevolking, 'n sterk geskiedkundige band wat nagelaat is deur die Rooms-Katolieke Portugese koloniste.[15][4]