Apollo 17 was die laaste bemande sending in die Apollo-program van die Verenigde State, die sesde sending wat op die maan geland het en die tiende suksesvolle sending.

Lansering het om 00:33 Oostelike Standaardtyd (EST) op 7 Desember 1972 geskied, die drie bemanningslede het bestaan uit bevelvoerder Eugene Cernan, beheereenheid-vlieënier Ronald Evans en maanmodule-vlieënier Harrison Schmitt. Dit was die laaste gebruik van Apollo-hardeware vir sy oorspronklike sending; na Apollo 17 is ekstra Apollo-onderdele in die Skylab en Apollo-Sojoes-toetsprojek gebruik.

Dit was die derde "J-sending" gewees – wat 'n drie-dae-maanverblyf en uitgebreide wetenskaplike vermoë moontlik gemaak het. Dit was ook die derde en laaste sending waartydens die maankarretjie gebruik is.

Terwyl Evans om die maan gewentel het in die beheer/diensmodule (CSM), het Cernan en Schmitt net meer as drie dae op die maanoppervlak vertoef in die Taurus-Littrowvallei. Hulle het drie sessies buite die landingstuig spandeer ("moonwalks"), waartydens hulle maanmonsters versamel en wetenskaplike instrumente ontplooi het. Cernan, Evans, en Schmitt het veilig na die aarde teruggekeer op 19 Desember, na 'n sending van ongeveer 12 dae.

Harrison Schmitt op die maan langs die vlag van die Verenigde State van Amerika, met die aarde in die agtergrond.
Gene Cernan ry op die maankarretjie.
Herwinning uit die Stille Oseaan, 19 Desember 1972
Voorafgegaan deur:
Apollo 16
Apollo-program Einde


Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.