Arp 147
From Wikipedia, the free encyclopedia
Arp 147 of IC 298 is twee interaktiewe sterrestelsels sowat 430 miljoen[5] tot 440 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Walvis. Dit lyk nie of hulle deel van ’n noemenswaardige sterrestelselswerm is nie.[4] ’n Deel van Arp 147 is ’n ringsterrestelsel, ’n skaars formasie wat veroorsaak word deur die botsing van twee stelsels.
Arp 147 | ||||
’n Hubble-foto van die interaktiewe sterrestelsels Arp 147 (IC 298). | ||||
Soort stelsel | Interaktiewe sterrestelsels | |||
Sterrebeeld | Walvis | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 03h 11m 18.9s[1] | |||
Deklinasie | +01° 18′ 53″[1] | |||
Skynmagnitude | 14,8[2] | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 430-440 miljoen (134,9 miljoen parsek)[3] | |||
Skynbare grootte | 0,650' x 0,286'[1] | |||
Rooiverskuiwing | 0,032209 ± 0,000060[1] | |||
Kenmerke | Massiewe H II-gebied | |||
Massa | ~3,6 x 1011[4] | |||
Ander name | IC 298, 2MASSX J03111863+0118498, IRAS 03087+0107, MCG +0-9-15, PGC 11890, CGCG 390-16, VV 787 | |||
|
Die twee stelsels is op 29 Desember 1893 deur die Franse sterrekundige Stephane Javelle] ontdek[6] en kom in die Atlas of Peculiar Galaxies (ARP) voor.
Die stelsel is gevorm nadat ’n spiraalsterrestelsel (regs op die foto) teen ’n elliptiese sterrestelsel (links) gebots het.[7] Die botsing het ’n golf stervorming (in helderblou) veroorsaak wat sowat 40 miljoen jaar gelede teen ’n effektiewe snelheid van ≳100 km s-1 begin uitkring het.[4] Die tydperk van die grootste stervorming het na raming 15 miljoen jaar gelede geëindig. Namate die jong, superwarm sterre aan hul einde gekom het (as ontploffende supernovas), het hulle neutronsterre en swartkolke agtergelaat.[5]
Die regterkantse sterrestelsel het ’n deursnee van 30 000 ligjare[8] en is 21 000 ligjare van die ander een af geleë.[9]:3 Die hele stelsel het ’n deursnee van sowat 115 000 ligjare.[7]