Austronesiese volke
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Austronesiese volke is verskeie etniese groepe in Suidoos-Asië, Oseanië en Oos-Afrika wie se tale behoort tot die Austronesiese taalfamilie. Hulle sluit in boorlinge van Taiwan; die meeste van die etniese groepe van die Filippyne, Maleisië, Oos-Timor, Indonesië, Broenei, Kokoseilande, Madagaskar, Mikronesië en Polinesië; asook groepe van Singapoer, Nieu-Seeland (Maori), Hawaii en Melanesië. Kleiner groepe kom ook in vele ander lande voor. Al dié volke kan verbind word met die Austronesiese taalfamilie. Die gebiede wat hulle bewoon, word saam Austronesië genoem.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Austronesiese volke | |
---|---|
Lede van die Amis in Taiwan. | |
Totale bevolking: | Sowat 400 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | * Indonesië: 260 581 000 (2016)[1]
|
Taal: | Austronesiese tale |
Geloofsoortuiging: | Animisme, Balinese Hindoeïsme, Boeddhisme, Christendom, volgsgodsdienste, Hindoeïsme, Islam, Sjamanisme |
Verwante etniese groepe: | - |
Sluit