Aymara
From Wikipedia, the free encyclopedia
Aymara (Aymar aru) is naas Quechua en Guaraní die belangrikste inheemse taal van Suid-Amerika wat deur sowat 2,8 miljoen mense in die sentrale Andesstreek van Bolivië, Chili en Peru gepraat word. Dit word veral deur die Aymara gepraat en vorm saam met Guaraní, Quechua en Spaans die amptelike tale van Bolivië asook saam met Quechua en Spaans die amptelike tale van Peru. Daarbenewens is Aymara 'n erkende minderheidstaal in Chili.
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Aymara (volk).
Kitsfeite Aymara Aymar aru, Amptelike status ...
Aymara Aymar aru | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Bolivië Chili Peru | |
Totale sprekers: | 2,8 miljoen[1][2][3] | |
Taalfamilie: | Aymara Aymara | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Bolivië Peru | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ay | |
ISO 639-2: | aym | |
ISO 639-3: | aym | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sluit
Aymara word oorwegend in die sentrale weste van Bolivië en aangrensende streke van Chili en Peru gepraat. Dit vorm saam met Kawki (amper uitgestorwe) en Jaqaru (700 sprekers) die Aymara-taalfamilie.