Beerbessie
plant uit die heidefamilie (Ericaceae) / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die beerbessie (Arctostaphylos uva-ursi) is 'n plant uit die heidefamilie (Ericaceae). Die naam is gebaseer op die veronderstelling dat bere lief vir die vrugte sou wees.
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Beerbessie | |
---|---|
Struik met bessies | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Ericaceae |
Genus: | Arctostaphylos |
Spesie: | A. uva-ursi |
Binomiale naam | |
Arctostaphylos uva-ursi (L.) Spreng. 1825 | |
Sluit
Die beerbessie het 'n holarktiese verspreiding:
- Die spesie kom in Europa van Ysland, die Noordkaap en Noorweë tot aan Suid-Spanje (Sierra Nevada), Italië (Alpe) en die berge van Noord-Griekeland voor.
- Dit kom in Asië van Siberië tot in Turkye, die Kaukasus en die Himalaja voor.
- Die spesie word in Noord-Amerika van Alaska, Groenland en Kanada tot in die Rotsgebergte van Meksiko aangetref.
In Nederland kom dit in die duine voor.
Die beerbessie is 'n struikie van 30-60 cm hoog met kruipende stingels, wat aan die top regop staan. Die glansende, groen, omgekeerd-eierronde blare bly sit een tot drie jaar aan die struik. Dit kry van Maart tot April (die lente) blommetjies. Die wit of pienk blomme vorm kort oorhangende trosse. Die bessies is rooi van kleur en word deur voëls geëet, maar hulle is giftig vir mense.