Bismarcksee

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bismarckseemap

Die Bismarcksee (Engels: Bismarck Sea) is 'n see van die Stille Oseaan in Oseanië tussen Nieu-Guinee in die weste en die Bismarckargipel in die ooste net suid van die ewenaar. Die Bismarcksee grens aan die Salomonssee in die suidooste. Die see het 'n oppervlakte van sowat 40 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 2 000 m.[1]

Thumb
Die vulkaan Bola op Nieu-Brittanje aan die suidelike kus van die Bismarcksee
Bismarcksee
Thumb
Nasa-Satellietbeeld van Papoea-Nieu-Guinee met die Bismarcksee in die noorde
Thumb
Kaart van Papoea-Nieu-Guinee met die Bismarcksee in die noorde
Koördinate:4°S 148°O
Ligging:Papoea-Nieu-Guinee
Soort:See van die Stille Oseaan
Oppervlakte:40 000 km² (15 000 myl²)
Gemiddelde diepte:2 000 m (6 600 vt)
Maksimum diepte:2 500 m (8 200 vt)
Invloei:Sepik
Eiland/e:Bismarckargipel (Nieu-Brittanje en Nieu-Ierland), Nieu-Guinee

Die hele kus van die Bismarcksee behoort tot die eilandnasie Papoea-Nieu-Guinee. Die Bismarcksee word deur Nieu-Brittanje van die Salomonssee in die suidooste en deur Nieu-Ierland van die oop Stille Oseaan in die noordooste geskei. Die belangrikste rivier wat in die Bismarcksee uitmond is die Sepik.

Die Bismarcksee is soos die Bismarckargipel ná Otto von Bismarck, die eerste kanselier van die Duitse Keiserryk, genoem. Die see was tussen 1885 en 1914 deel van die Duitse kolonie Duits-Nieu-Guinee en is tydens die Eerste Wêreldoorlog deur Australië verower.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hier vanaf 2 tot 4 Maart 1943 die Slag van die Bismarcksee tussen Japan en die Geallieerde vloot van Australië en die Verenigde State plaasgevind. Die Geallieerdes het byna die hele Japanse konvooi vernietig en kon aansluitend begin om die eiland Nieu-Guinee van die Japanners te bevry.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.