Cannes-rolprentfees 1994
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 47ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 12-23 Mei 1994 gehou. Die Amerikaanse akteur en regisseur Clint Eastwood was die voorsitter van die jurie en die Franse aktrise, sangeres en regisseur Jeanne Moreau het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 52 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Kitsfeite
![]() | ||
Datum | 12-23 Mei 1994 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Aanbieder | Jeanne Moreau | |
Getal prente | 23 (In Kompetisie) 21 (Un Certain Regard) 8 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | The Hudsucker Proxy | |
Afsluitingsfliek | Serial Mom | |
Palme d'Or | Pulp Fiction |
Sluit
Die Amerikaanse rolprent Pulp Fiction van die regisseur Quentin Tarantino het die Palme d'Or gewen.[1][2][3] Die fees is geopen met Joel Coen se The Hudsucker Proxy en afgesluit met Serial Mom van John Waters.[4][5][6]