Cannes-rolprentfees 2010
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 63ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 12-23 Mei 2010 gehou.[1] Die Amerikaanse regisseur Tim Burton was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie.[2][3] Die Britse aktrise Kristin Scott Thomas het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[4] Altesaam 47 rolprente en kortfilms is vertoon.
Kitsfeite
Cannes-rolprentfees 2010
| ||
Datum | 12-23 Mei 2010 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Aanbieder | Kristin Scott Thomas | |
Getal prente | 19 (In Kompetisie) 19 (Un Certain Regard) 9 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Robin Hood | |
Afsluitingsfliek | The Tree | |
Palme d'Or | Uncle Boonmee Who Can Recall His Past Lives |
Sluit
Die Thaise rolprent Uncle Boonmee Who Can Recall His Past Lives, met Apichatpong Weerasethakul as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Ridley Scott se Robin Hood[5] en afgesluit met The Tree van Julie Bertuccelli.[6]