Karen Christiana Figueres Olsen (gebore op 7 Augustus 1956) is 'n Costa Ricaanse diplomaat met 35 jaar ervaring in nasionale en internasionale politiek op die hoogste vlak. In Julie 2010 is sy aangestel as sekretaris-generaal van die UNFCCC, die Verenigde Nasies se Klimaatveranderingskonferensie,[1][2] ses maande na die mislukte Kopenhagen-klimaatveranderingskonferensie (COP15) in 2009. Sy het die Nederlander Yvo de Boer in die pos opgevolg.

Kitsfeite Gebore, Nasionaliteit ...
Christiana Figueres
Thumb
Christiana Figueres in Londen in 2018
Gebore
Karen Christiana Figueres Olsen

7 Augustus 1956 (1956-08-07) (68 jaar oud)
NasionaliteitVlag van Costa Rica Costa Rica
BeroepOmgewingsaktivis en diplomaat
Bekend virProminente rol om Parys-klimaatooreenkoms suksesvol te onderhandel
Webwerfchristianafigueres.com
Sluit

In die daaropvolgende jare het Figueres hard gewerk om die onderhandelingsproses rondom die Klimaatverdrag weer op koers te kry, met die fokus op deursigtigheid en samewerking. Gedeeltelik as gevolg van haar pogings, is die Parys-ooreenkoms in Desember 2015 gesluit.[3][4]

Christiana Figueres is op 18 Julie 2016 opgevolg as sekretaris-generaal van die UNFCCC deur die Mexikaanse Patricia Espinosa.[5]

Tydens haar wetenskaplike loopbaan het sy aan klimaatsverandering, volhoubare ontwikkeling, energie, grondgebruik, en tegniese en finansiële ontwikkeling gewerk. Figueres hou gereeld lesings[6] en is die skrywer van 'n reeks boeke.[7]

In Februarie 2020 publiseer sy 'n boek waarin sy openlik betoog vir burgerlike ongehoorsaamheid om die klimaat te red.[8]

Christiana Figueres het twee dogters en is Spaans, Engels en Duits magtig.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.