From Wikipedia, the free encyclopedia
College Station is 'n stad in Brazos County in die Amerikaanse deelstaat Texas. College Station het 'n oppervlakte van 128,5 km² en ongeveer 100 000 inwoners (2013). Die stad lê halfpad tussen Houston en Waco. College Station is die tuiste van die Texas A&M Universiteit. Die stad het beide sy naam en bestaan aan die universiteit se ligging langs 'n spoorlyn te danke. Te danke aan die universiteit, is die stad as die mees opgevoede stad in Texas aangewys (volgens Money tydskrif).[1]
College Station | |
---|---|
Ligging van College Station in Texas, VSA | |
Koördinate: 30°36′05″N 96°18′52″W | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Texas |
County | Brazos |
Geïnkorporeer in | 1938 |
Oppervlak | |
• Stad | 128,5 km2 (49,6 vk. myl) |
Hoogte | 103 m (338 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 100 050 |
• Digtheid | 763,7/km2 (1 978/vk. myl) |
• Metro | 236 819 |
Tydsone | UTC-06:00 (CST) |
• Somertyd | UTC-05:00 (CDT) |
ZIP-kode | 77840-77845 |
Skakelkodes | 979 |
Webwerf | www.cstx.gov |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.