Texas

Deelstaat in Amerika From Wikipedia, the free encyclopedia

Texas
Remove ads

Texas ([ˈtɛksəs], Engels: State of Texas, Spaans: Tejas) is 'n deelstaat in die sentrale suide van die Verenigde State van Amerika (VSA) met 'n oppervlakte van 696 241 vierkante kilometer en 'n bevolking van 26,9 miljoen.[1]

Kitsfeite

Die administratiewe hoofstad is Austin, die grootste stad is Houston en die grootste metropolitaanse gebied is Dallas/Fort Worth/Arlington. Texas is sowel ten opsigte van sy oppervlakte asook sy bevolking die tweede grootste Amerikaanse deelstaat – slegs Alaska het 'n groter oppervlakte, en net Kalifornië se inwonertal oorskry dié van Texas. In administratiewe opsig het geen ander deelstaat meer counties of administratiewe distrikte as Texas (254).

Die bynaam van Texas, Lone Star State, verwys na die historiese feit dat Texas reeds voor sy toetrede tot die Unie as 'n onafhanklike republiek bestaan het. In geskiedkundige en kulturele opsig het Texas, onder meer vanweë die geskiedenis van sy kolonisasie en sy lidmaatskap in die Konfederasie, nou bande met die Amerikaanse Suide. As 'n voormalige Spaanse en Meksikaanse besitting behoort die deelstaat egter ook by die Amerikaanse Suidweste.

Thumb
Oggendmis in die Martin Dies Jr. State Park
Thumb
Stormreën in die Enchanted Rock State Natural Area
Thumb
Grapevine Vintage Railroad in Fort Worth
Thumb
Varner-Hogg Plantation House in West Columbia
Thumb
The Alamo in San Antonio
Thumb
Uitsig oor Lake Austin
Thumb
Everything's bigger in Texas... Lake Austin
Thumb
Die middestad van Dallas teen sononder
Thumb
Die sterrehemel oor Texas: Indian Lodge, Davis Mountains State Park

Spanje was die eerste Europese land wat aanspraak op Texas gemaak het, en tot die einde van die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog in die jaar 1836 het dit 'n deel van Meksiko gevorm. Tussen 1836 en 1845 het Texas as 'n onafhanklike republiek bestaan en daarna as 28ste deelstaat by die VSA aangesluit. Die Amerikaanse anneksasie van Texas was deel van die gebeurtenisse wat uiteindelik die aanleiding tot die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog en die Amerikaanse Burgeroorlog gegee het. Met die ontdekking van ruolie in die vroeë 20ste eeu het die vinnige ekonomiese ontwikkeling van Texas begin. Vandag beskik die deelstaat oor 'n gediversifiseerde ekonomie met 'n groeiende hoëtegnologiebedryf as sy basis.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads