Consolidated B-24 Liberator
Amerikaanse twee motorige bomwerper / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Consolidated B-24 Liberator is 'n Amerikaanse viermotorige swaarbomwerper wat ontwerp is deur Consolidated Aircraft van San Diego, Kalifornië. Die vliegtuig was binne die maatskappy bekend as Model 32 en sommige van die aanvanklike eenhede was geproduseer vir uitvoer vir gebruik as LB-30's, die Land Bomwerper kategorie.
Consolidated B-24 Liberator | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | Consolidated Aircraft |
Nooiensvlug | 29 Desember 1941 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Amerikaanse Lugmag |
By sy ontstaan was die B-24 'n moderne ontwerp met 'n hoogs doeltreffende skouergemonteerde Davis-vlerk met 'n hoë aspekverhouding. Die vlerk het die Liberator 'n hoë kruissnelheid en lang togafstande gegee en ook die bomlading verbeter. In vergelyking met sy tydgenote was die B-24 relatief moeilik om te vlieg en het swak laesnelheidverrigting gehad; dit het ook 'n laer vlieg plafon gehad en was minder robuust as die Boeing B-17 Flying Fortress. Terwyl lugbemannings geneig was om die B-17 te verkies, het Weermag Personeel die B-24 verkies en dit in groot getalle vir 'n wye verskeidenheid rolle aangeskaf.[1][2] Daar was ongeveer 18 500 eenhede van die vliegtuig vervaardig (insluitend 8 685 eenhede deur Ford) en dit is steeds die rekord vir bomwerpers, swaarbomwerpers, multi-motorige vliegtuie en Amerikaanse militêre vliegtuie vervaardig.
Die B-24 was tydens die Tweede Wêreldoorlog op groot skaal gebruik deur elke afdeling van die Amerikaanse Magte sowel as verskeie Geallieerdes se lugmagte en vlote. Dit het in elke moontlike gebied van operasies diens gedoen. Saam met die B-17 het hulle die ruggraat gevorm van die Amerikaanse strategiese bombardering offensief in die Wes-Europese gebied. Ook as gevolg van sy lang togafstand was die bomwerper uiters bruikbaar in die oorlog in die Stille Oseaan, insluitend die bombardering van Japan. Lang-togafstand teenduikboot Liberators het 'n groot rol gespeel om die gaping oor die middel van die Atlantiese Oseaan te dek tydens die Slag van die Atlantiese Oseaan. Die Liberator vragvliegtuig het 'n langer togafstand en groter kapasiteit as sy eweknie die Douglas C-47 Skytrain gehad.
Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die tegnologiese deurbrake van die Boeing B-29 Superfortress en meer moderne bomwerpers tot gevolg gehad dat die bomwerpers wat van die begin van die oorlog gebruik was verouderd was. Die B-24 was gou uit diens onttrek met die uitsondering van die Consolidated PB4Y-2 Privateer maritieme vliegtuig wat deur die Amerikaanse Vloot gebruik was tydens die Korea-oorlog.