From Wikipedia, the free encyclopedia
Dwelmtsaar (Engels: drug czar) is 'n informele term vir die persoon wat die hoof van die dwelmbeheerbeleid in verskeie gebiede is. Dit volg die informele gebruik van die term "tsaar" in die VSA se politiek. Dit is in 1982 die eerste keer gebruik in 'n nuusberig deur United Press International, wat berig het "senatore ... het 62-34 gestem om 'n "dwelmtsaar" aan te stel wat algeheel verantwoordelik vir die VSA se dwelmbeleid is".[1] Sedertdien is verskeie ad hoc- uitvoerende poste in beide die VSA en Verenigde Koninkryk so genoem.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die VSA se eerste dwelmtsaar was Harry J. Anslinger, wat van 1930 tot 1962 gedien het as die eerste kommissaris van die Federale Narkotikaburo, wat deur die Tesourieraad geskep is. Dit was tydens die administrasie van vyf presidente: Hoover, Roosevelt, Truman, Eisenhower en Kennedy.
Pogings onder Anslinger om wetgewing in te stel om dagga te verbied, het die volgende ingesluit: 'n poging om ander state sover te kry om soortgelyke dwelmwette aan te neem, die Uniform State Narcotic Drug Act en die Marijuana Tax Act of 1937, wat in effek die dwelm gekriminaliseer en die weg berei het vir ’n daggaverbod.
In die Verenigde Koninkryk is na Keith Hellawell, voormalige dwelmadviseur vir die Arbeidsregering van Tony Blair, as 'n dwelmtsaar verwys.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.