Edenparkstadion
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Edenparkstadion (algemeen bekend as Edenpark) is 'n stadion in Auckland, Nieu-Seeland, wat vir rugby en krieket aangewend word.[5]
Kitsfeite Bynaam, Ligging ...
Edenpark | ||
Lugbeeld van Edenpark | ||
Bynaam | Tuin van Eden[1] | |
---|---|---|
Ligging | Auckland, Nieu-Seeland | |
Koördinate | 36°52′30″S 174°44′41″O | |
Eienaar | Edenpark Trustraad | |
Operateur | Edenpark Trustraad | |
Kapasiteit | 50 000 (Rugby)[2] 42 000 (Krieket)[3] 60 000 (met tydelike sitplekke)[4] | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Geopen | 1900 | |
Huurders | ||
Blues (Rugby) (1996–huidig) Auckland RVU (ITM-beker) (1925–huidig) Auckland Aces (krieket; 1910–huidig) |
Sluit
Edenpark is die grootste sportgrond in Auckland met rugby wat in die wintermaande gespeel word en krieket in die somer (alhoewel die meeste plaaslike krieketwedstryde op die Outer Oval gespeel word wat reg langs die hoofstadion is). Om albei sportsoorte ter wille te wees is die kolfblad verwyderbaar. Die stadion het die eerste geword om twee Rugbywêreldbekereindstryde te huisves: dié van die Rugbywêreldbeker 1987 en Rugbywêreldbeker 2011. Edenpark het ook twee keer wedstryde van die Krieketwêreldbeker aangebied: in 1992 en 2015.