Emmanuelle Charpentier
Franse mikrobioloog en biochemikus / From Wikipedia, the free encyclopedia
Emmanuelle Marie Charpentier, gebore op 11 Desember 1968 in Juvisy-sur-Orge, Frankryk, is 'n mikrobioloog, genetikus en biochemikus. Charpentier werk aan die regulering van geenuitdrukking vanuit die oogpunt van mikrobiese RNS sowel as op die molekulêre basis van infeksie. Sy doen ook navorsing oor hoe bakterieë teen patogene veg. Charpentier het haar wêreldwye reputasie gevestig deur die molekulêre meganismes van die bakteriële CRISPR/Cas9-immuunstelsel te identifiseer en te ontsyfer.
Emmanuelle Charpentier | |
Geboortenaam | Emmanuelle Marie Charpentier |
---|---|
Gebore | 11 Desember 1968 (1968-12-11) (55 jaar oud) Juvisy-sur-Orge, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Vakgebied | |
Instelling(s) | Humboldt-universiteit Umeå-universiteit Max Planck Society |
Alma mater | Pierre and Marie Curie-universiteit (BS, MS, DPhil) Pasteur-instituut (Doktorale opleiding) |
Bekend vir | CRISPR |
Toekennings |
|
Webblad | emmanuelle-charpentier-lab |
Sy het ook die CRISPR/Cas9-tegniek uitgevind in samewerking met Jennifer Doudna, wat 'n rewolusie op die gebied van genetiese ingenieurswese teweeg gebring het. Vir hierdie ontdekking het sy baie gesogte pryse ontvang, waaronder die Nobelprys vir Chemie in 2020[1] wat sy met Jennifer Doudna deel.
Sy is 'n lid van die Franse Akademie vir Wetenskappe en die Akademie van Tegnologie, en is mede-stigter van CRISPR Therapeutics en ERS Genomics.