From Wikipedia, the free encyclopedia
Die ensiforme kraakbeen of xifisternum is ’n klein kraakbeenuitsteeksel en ’n verlengstuk van die laer deel van die borsbeen wat gewoonlik verhard is in die volwasse mens.[1] Albei terme beteken "swaardvormig"; ensiform is uit Latyn en xifoïed uit Grieks.
Die ensiforme kraakbeen is op die vlak van die 9de borswerwel en die T6-dermatoom.
In pasgebore babas en baie jong kinders kan die punt van die ensiforme kraakbeen gesien en gevoel word as ’n knop net onder die borsbeenkeep.
Teen die ouderdom van 15 tot 29 smelt dié kraakbeen saam met die res van die borsbeen. Dit is onbeweeglik en verhard teen die ouderdom van sowat 40.[2]
Amper nes die eerste sewe ribbes aan die borsbeen heg, verbind die kraakbeen in die buikpleksus met die ensiforme kraakbeen. Dit versterk dié kraakbeen en heg onregstreeks die tussenribkraakbeen aan die borsbeen. Die ensiforme kraakbeen is betrokke by die vashegting van baie spiere, insluitende die middelrif – ’n spier wat noodsaaklik is in normale asemhaling.
Dit anker ook die reguit buikspier.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.