From Wikipedia, the free encyclopedia
Albali (ook bekend as Epsilon Aquarii of ε Aqr) is ’n ster in die sterrebeeld Waterdraer (Aquarius). Met ’n skynbare magnitude van 3,77 is dit met die blote oog sigbaar.[1] Dit is sowat 208 ligjare van die Son af geleë.[2]
Albali
| ||||
Die ligging van Albali (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Waterdraer | |||
Bayer-naam | Epsilon Aquarii | |||
Spektraaltipe | A1 V[1] | |||
Soort | Hoofreeksster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 20h 47m 40.55260s[2] | |||
Deklinasie | -09° 29′ 44.7877″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,77[1] | |||
B-V-kleurindeks | -0,001[3] | |||
U-B-kleurindeks | +0,029[3] | |||
Besonderhede | ||||
Ouderdom (jaar) | 240 miljoen[4] | |||
Temperatuur (K) | 9 470[5] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Vermoedelik | |||
Ander name | ||||
Albali, 2 Aquarii, BD-10° 5506, FK5 781, HD 198001, HIP 102618, HR 7950, SAO 144810.[6] | ||||
|
Albali het ’n sterreklassifikasie van A1 V[1] en is dus 'n A-tipe hoofreeksster.
Die ster se Bayer-naam is "Epsilon Aquarii" en sy Flamsteed-naam "2 Aquarii". Die tradisionele naam, "Albali", kom van die Arabiese البالع albāli‘, "die slukker". Die ster was saam met Mu en Nu Aquarii bekend as al Bulaʽ (البلع), "die slukker".[7][8]
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Albali" vir die ster goedgekeur.[9]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.