Europese Krieketraad
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Europese Krieketraad (Engels: European Cricket Council, afgekort “ECC”) is die kontinentale beheerliggaam vir krieket in Europa. Hulle is ook een van die Internasionale Krieketraad (IKR) se vyf kontinentale konfederasies.[1] Die konfederasie is in 1997 gestig en hulle hoofkantoor is in Londen, Engeland, geleë. Die amptelike taal is Engels.
Kitsfeite Engelse naam, Afkorting ...
Europese Krieketraad | |
---|---|
Engelse naam | European Cricket Council |
Afkorting | ECC |
Vasteland | Europa |
Lede | 34 |
Sportsoort | Krieket |
Stigting | 1997 |
Sambreelorganisasie | Internasionale Krieketraad |
Setel | Londen, Engeland |
Amptelike taal | Engels |
Sluit
Die Europese Krieketraad organiseer die vastelandse kwalifiserings vir die IKR se internasionale toernooie.