From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Boeing F/A-18E Super Hornet, en die verwante tweesitplek F/A-18F, is tweemotorige vliegdekskipbruikbare multirolvegvliegtuie gebaseer op die F/A-18 Hornet. Die F/A-18E enkelsitplek en F/A-18F tandemsitplekvariante is groter en meer gevorderde weergawes van die F/A-18C en D Hornet.
F/A-18E Super Hornet | |
---|---|
Tipe | Draergebasseerde meerdoelige vegvliegtuig |
Vervaardiger | McDonnell Douglas Boeing Defense, Space & Security |
Nooiensvlug | 29 November 1995 |
Vrygestel | 1999 |
Status | In gebruik |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Vloot Australiese Lugmag |
Vervaardig | sedert 1995 |
Aantal gebou | 500 tot April 2011[1] |
Programkoste | Totale verkrygingskoste: VS$ 48.09 miljard (tot FJ2011)[2] |
Eenheidskoste | VS$ 60.9 miljoen (2014, wegvliegkoste)[3] |
Ontwikkel van | F/A-18 Hornet |
Die Super Hornet het 'n interne 20 mm M61 roterende kanon en kan lug-tot-lugmissiele en lug-tot-grondwapens dra. Bykomende brandstof kan in tot vyf eksterne brandstoftenks gedra word, en die vliegtuig kan ook as 'n lugtenkwa gekonfigureer word deur die toevoeging van 'n eksterne in-vlug-brandstofhervulstelsel. Die Super Hornet is ontwerp en aanvanklik deur McDonnell Douglas gebou, met sy nooiensvlug in 1995. Volle produksie van die vliegtuig het in September 1997 begin, net ná die samesmelting van McDonnell Douglas en Boeing die vorige maand.
Die Super Hornet is in aktiewe diens van die Amerikaanse Vloot sedert 1999, nadat dit die Grumman F-14 Tomcat vervang het, wat in 2006 onttrek is. Die Koninklike Australiese Lugmag (RAAF), wat die F/A-18A as sy hoofvegter bedryf sedert 1984, het die F/A-18F aangekoop in 2007 om sy verouderde F-111 vloot te vervang. Die Australiese Super Hornets is in diens gestel in Desember 2010.
Lengte: 18,31 m
Vlerkspan: 13,62 m
Hoogte: 4,88 m
Leë massa: 14 552 kg
Maksimumsnelheid: Mach 1,8
Maksimum opstygmassa: 29 937 kg
Reikafstand: 2 346 km plus twee AIM-9s
Diensplafon: 15 000+ m (50 000+ vt)
Enjins: 2 General Electric F414-GE-400 turbowaaierenjins
Droë stukrag: 62,3 kN elk
Stukrag met nabrander: 97,9 kN elk
Brandstofkapasiteit: 6 354 kg (intern) plus 7 381 kg (ekstern)
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.