Fochville is 'n dorp in Gauteng, Suid-Afrika. Dit is geleë aan die R500-streeksroete net suid van die N12- nasionale pad, 40 km oos van Potchefstroom.
Fochville | |
---|---|
Dorp | |
Koördinate: 26°29′S 27°29′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Distrik | Wesrand |
Munisipaliteit | Merafong City |
Stigting | 1920 |
Oppervlak | |
• Totaal | 11,36 km2 (4,39 vk. myl) |
Hoogte | 1 478 m (4 849 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 9 497 |
• Digtheid | 836/km2 (2 170/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 71.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 1.2% |
• Swart mense | 25.7% |
• Ander | 0.9% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 71.3% |
• Engels | 6.8% |
• Tswana | 6.0% |
• Sotho | 6.2% |
• Ander | 9.7% |
Poskode (strate) | 2515 |
Poskode (posbusse) | 2515 |
Skakelkode | 018 |
Webwerf | fochville.net |
Geskiedenis
Die dorp is op 15 November 1920 geproklameer nadat dit reeds gedurende die Eerste Wêreldoorlog deur die broers Wulfson uitgelê is op die plase Kraalkop en Leeuwspruit. Dit is vernoem na maarskalk Ferdinand Foch, 'n opperbevelvoerder van die Geallieerde magte. Die Western Deep Levels goudmyn is naby Fochville. Die naaste groot dorp is Carletonville.
Distrik
Gemengde boerdery word in die distrik beoefen.
Danie Theron
Die Danie Theron-gedenknaald staan op 'n koppie sowat 8 km wes van die afdraai na Fochville.
In die nuus
In die middel tagtigerjare was Fochville in die nuus nadat 'n seksskandaal onder leerlinge van die hoërskool aan die lig gekom het. Die kinders het 'n pakkamer onder 'n verhoog ingerig vir hul seksbedrywighede. Later is na dié plek as die "genotgrot" verwys.[2]
Sien ook
Bronne
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.