Die Golf van Meksiko (ook Golf van Mexiko genoem, Engels: Gulf of Mexico, Spaans: Golfo de México) maak deel uit van die Atlantiese Oseaan en is die grootste golf in die wêreld. Die oppervlakte daarvan is ongeveer 1 600 000 km².

Thumb
Reliëfkaart van die Golf van Meksiko
Golf van Meksiko
Thumb
Nasa-Satellietbeeld van die Golf van Meksiko
Thumb
Kaart van die Golf van Meksiko
Koördinate:25°N 90°W
Ligging:Kuba, Meksiko, Verenigde State
Soort:Golf van die Atlantiese Oseaan
Oppervlakte:1 600 000 km² (615 000 myl²)
Breedte:1 500 km (932,06 myl)
Invloei:Brazosrivier, Coloradorivier, Mississippirivier, Rio Grande
Nedersettings:Havana, Houston, Mobile, New Orleans, Tampa

Die Golf grens in die noorde aan die Verenigde State van Amerika, in die weste en suide aan Meksiko en in die suidooste aan Kuba. Die belangrikste riviere is die Mississippi in die noorde en die Rio Grande in die weste, die grootste stede is New Orleans in die noorde en Havana in die suidooste. Die Golf word deur die Floridastraat tussen Florida en Kuba met die Atlantiese Oseaan en deur die Straat van Yucatan tussen Kuba en Yucatan met die Karibiese See verbind.

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Golf van Meksiko.
  • (en) "Gulf of Mexico". Encyclopædia Britannica. Besoek op 5 Augustus 2020.

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.