From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Harige slangster (Ophiothrix fragilis) is 'n seester wat aan die hele Suid-Afrikaanse kuslyn voorkom. Die diertjie het 'n ronde lyf waaraan vyf, buigbare pote vas is. Die pote is oortrek met lang, skerp stekels terwyl die liggaam oortrek is met kort stekels. Die seester kom voor in rotsagtige kuste tot op dieptes van 100 m waar dit in skeure skuil. Hulle is kuddediere en word dikwels in digte groepe aangetref. Die seesterre vreet deur hul pote in die water rond te swaai en vang sodoende dooie plant- en diermateriaal.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Harige slangster | |
---|---|
Ophiothrix fragilis | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | Asterozoa |
Klas: | Ophiuroidea |
Orde: | Ophiurida |
Familie: | Ophiothricidae |
Genus: | Ophiothrix |
Spesie: | O. fragilis |
Binomiale naam | |
Ophiothrix fragilis Abildgaard, 1789 [1] | |
Sinonieme | |
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met Ophiothrix fragilis. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.