From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Havana-bruinkat (Engels: Havana Brown) is ’n kortharige katras wat in die 19de eeu die Switserse bergkat genoem is.
Havana-bruinkat | ||||
Alternatiewe naam | Switserse bergkat | |||
Land | Brittanje | |||
Ontstaan | Kruisras | |||
Soort lyf | Gemiddelde grootte, gespierd | |||
Pels | Kort | |||
Patroon | Effekleurig | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
Nota: Word deur die Britse Governing Council of the Cat Fancy (GCCF) en Europese Fédération Internationale Féline (FIFe) as ’n Oosterse korthaarkat erken. | ||||
|
Die Havana-bruinkat is sedert die 1890's in Europa bekend en is toe reeds geskou. Hulle is dikwels beskryf as effekleurige bruin Siamese katte. Sedert die 1920's is die teel van Siamese katte wat nie blou oë het nie, ontmoedig in Brittanje en die teling van die Havana-bruinkat met sy groen oë is toe ook gestaak.[1]
Eers in die 1950's het Britse telers weer begin om ’n effekleurige bruin kat te teel. In dié tyd het die kat ook in die VSA beland, waar swart huiskatte, sjokoladebruin Siamese en Russiese bloukatte in die teelprogram gebruik is. Dit is hier waar die naam "Havana" vir die eerste keer gebruik is vir dié kleur. Dis onseker waar dit vandaan kom – moontlik van die Havana-konyn of Havana-sigare.
Die kat word as bedreig beskou omdat die geenpoel baie klein is. In die laat 1990's was daar net 12 telers wat by die Amerikaanse Cat Fanciers' Association (CFA) geregistreer was. In 1998 het die CFA toestemming gegee dat huis- en Siamese katte gebruik kan word vir kruisteling.
In Brittanje en Europa word die Havana-bruinkat nie as ’n aparte ras erken nie, maar as ’n kastaiingbruin Oosterse korthaarkat.
Die Havana-bruinkat is ’n gespierde kat van gemiddelde grootte en lengte. Die pels is ’n rooierige bruin met geen strepe nie. Die snorbaard is ook bruin en die oë groen. Die kop is effens langer as die breedte en die ore is besonder groot.
Dit is ’n intelligente kat wat dikwels sy pote gebruik om goed te ondersoek of met sy eienaars te kommunikeer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.