Helena Lochner
Suid-Afrikaanse skrywer / From Wikipedia, the free encyclopedia
Helena Johanna Francina Lochner (distrik Moorreesburg, 15 September 1892 – Bloubergstrand, 15 Julie 1951) was 'n Afrikaanse skrywer en illustreerder van leesboekies vir jong kinders. Haar skrywersnaam was Helena J.F. Lochner.
Eindelik is 62 boekies met meer as honderd van haar verhaaltjies gepubliseer met oorspronklike stories wat Lochner self geïllustreer het, onder meer Tafelberg se kleed (1935), Drie ou broertjies (1935), Die dom varkie (1937) asook Vrolike versies (1935). Die boekies het gewoonlik 'n gekleurde buiteblad met 'n skets deur Lochner gehad en illustrasies en groot druk binne. Buiten skryfwerk was haar groot belangstelling reis. Sy was byvoorbeeld die enigste wit vrou wat die gebalsemde lyk van die patriarg van Siam aanskou het. Ook kon sy onder haar vriende van die vooraanstaande mense van Suid-Afrika tel. Sy het self op ’n keer vertel hoe George Bernard Shaw haar een aand gehelp het om haar kamerdeur in ’n hotel in Seepunt oop te breek toe sy dit per ongeluk gesluit het.[1]