Herbert Castens (1864–1929) was Suid-Afrika se eerste rugby- en krieketkaptein. Hy was algemeen as H.H. Castens bekend en het 'n belangrike rol in die ontwikkeling van rugby en krieket in Suid-Afrika (beide op en van die veld) gespeel.[1]

Kitsfeite Volle naam, Bynaam ...
Herbert Castens Rugbyportaal
Thumb
Herbert Castens
Volle naam Herbert Hayton Castens
Bynaam H.H. Castens
Geboortedatum 23 November 1864
Geboorteplek Pearston, Oos-Kaap
Sterftedatum 18 Oktober 1929 (op 64)
Sterfteplek Londen, Engeland
Skool Rugby
Universiteit Universiteit van Oxford
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Voorspeler
Amateurspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
Villagers
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
Westelike Provinsie
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
1891 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 1
Sluit

Lewensloop

Herbert Hayton Castens is op 23 November 1864 in Pearston in die Oos-Kaap gebore. Hy woon die Rugby School in Engeland by en studeer daarna regte aan die Oxford-universiteit. Ná sy studies keer hy na Suid-Afrika terug om die regte in Kaapstad te praktiseer.

Castens was 'n Springbokrubyspeler en Suid-Afrika se eerste Springbok-rugbykaptein. Hierdie toets het in 1891 teen die Britse Leeus plaasgevind. Hy was ook die skeidsregter in die derde toets van die reeks (dieselfde jaar).[2]

Daarnaas was hy ook Suid-Afrika se eerste nasionale krieketkaptein wat 'n toerspan in 1894 aangevoer het.

Hy is op 18 Oktober 1929 oorlede en in ’n ongemerkte graf in die Fulham-begraafplaas buite Londen begrawe.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.