Hestrie Cloete
Suid Afrikaanse hoogspringer / From Wikipedia, the free encyclopedia
Hestrie Cloete-Storbeck OIS (Germiston, 26 Augustus 1978) is 'n Suid-Afrikaanse atleet en een van die beste vroulike hoogspringers nog.[1] Haar persoonlike beste hoogte (2,06 m) is ’n Suid-Afrikaanse rekord. Sy het 'n silwermedalje op beide die Olimpiese Spele van 2000 in Sydney en 2004 in Athene verower. Sy is ook twee keer as wêreldkampioen in hoogspring bekroon, in 2001 in Edmonton en in 2003 in Parys (goue medaljes). Anders as wat 'n mens van topatlete sou verwag, het sy gerook en graag wegneemetes genuttig. In 2005 is sy met die Afrikaanse sanger Jurie Els getroud. Hulle het in 2007 na Nieu-Seeland verhuis.[2]
Kitsfeite Gebore, Nasionaliteit ...
Hestrie Cloete-Storbeck | |
---|---|
Gebore | 26 Augustus 1978 (1978-08-26) (45 jaar oud) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Atleet |
Bekend vir | Een van die beste vroulike hoogspringers nog |
Sluit