26 Augustus is die 238ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (239ste in skrikkeljare). Daar volg nog 127 dae in die res van die jaar.
- 1743 – Antoine Lavoisier, Franse chemikus († 1794).
- 1876 – Chris van Niekerk, kommandant in die Tweede Vryheidsoorlog, volksraadlid en senator († 1966)
- 1918 – Katherine Johnson, Amerikaanse wiskundige en kenner van wentelbaanmeganika by NASA († 2020).
- 1946 – Lerina Erasmus, Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer († 2018).
- 1959 – Herman Mashaba, Suid-Afrikaanse entrepreneur, politikus en president van ActionSA.
- 1977 – Gareth Cliff, Suid-Afrikaanse omroeper en TV-persoonlikheid.
- 1978 – Hestrie Cloete, Suid-Afrikaanse Olimpiese hoogspringatleet.
- 1980 – Macaulay Culkin, Amerikaanse akteur.
- 1991 – Christopher Pappas, Suid-Afrikaanse politikus, burgemeester van die uMngeni Plaaslike Munisipaliteit.
- 1994 – Reece Hodge, Australiese rugbyspeler.
- 1666 – Frans Hals, een van die belangrikste skilders in die Noordelike Nederlande gedurende die Goue Eeu (* 1582).
- 1732 – Antonie van Leeuwenhoek, Hollandse handelaar en wetenskaplike, vader van mikrobiologie (* 1632).
- 1915 – Dr. John Medley Wood, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1827).
- 1925 – Johann Rissik, landmeter en die eerste Administrateur van Transvaal (* 1857).
- 1958 – Ralph Vaughan Williams, Engelse komponis (* 1872).
- 1974 – Charles Lindbergh, Amerikaanse vlieënier (* 1902).
- 1989 – Irving Stone, Amerikaanse romanskrywer (* 1903).
- 2008 – Ds. Phil Olivier, predikant in drie gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, assistentredakteur van die Kerkbode en samesteller van Ons gemeentelike feesalbum (* 1918).
- 2020 – Gerald P. Carr, Amerikaanse ingenieur, kolonel en ruimtevaarder (* 1932).
- 2020 – Dirk Mudge, Namibiese boer en politikus (* 1929).
- 2020 – Dr. Japie van Zyl, Namibiese elektriese ingenieur wat werksaam was by NASA (* 1957).
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 Augustus. |