From Wikipedia, the free encyclopedia
In die chemie is 'n hidried formeel die anioon van waterstof, H- maar die term word losweg toegepas.[1] Alle verbindings wat kovalent gebonde H-atome bevat word ook hidriede genoem: water is 'n hidried van suurstof, ammoniak is 'n hidried van stikstof, ens. Vir anorganiese chemici verwys hidriede na verbindings en ione waarin waterstof kovalent aan 'n minder elektronegatiewe element geheg is. In sulke gevalle het die H-sentrum nukleofiele karakter,[Nota 1] wat kontrasteer met die protiese karakter van sure.
Byna al die elemente vorm binêre verbindings[Nota 2] met waterstof, met die uitsondering van He,[Nota 3] Ne,[Nota 4] Ar,[Nota 5] Kr,[Nota 6] Pm, Os, Ir, Rn, Fr en Ra.[2][3][4][5] Eksotiese molekules soos positroniumhidried is ook al gemaak.
Volgens die algemene definisie vorm elke element van die periodieke tabel (behalwe edelgasse) een of meer hidriede. Hierdie stowwe is volgens die aard van die binding in drie hoofsoorte geklassifiseer:[2]
Ioniese hidriede het 'n beduidende ioniese bindingskarakter. Hulle bestaan uit hidriëde wat gebind is aan 'n elektropositiewe metaal, gewoonlik 'n alkalimetaal of aardalkalimetaal. Hierdie verbindings is onoplosbaar in konvensionele oplosmiddels. Hulle word gebruik as basisse en as reduseermiddels in organiese sintese.[6]
Dikwels reageer alkalimetaalhidriede met metaalhaliede:
Kovalente hidriede sluit koolwaterstowwe en baie ander verbindings, wat kovalent aan waterstofatome bind, in. In hierdie groep stowwe is die hidriedbinding 'n kovalente binding, net soos die binding wat 'n proton vorm in 'n swak suur. Hierdie kategorie bevat hidriede wat bestaan as afsonderlike molekules, polimere en waterstof wat chemies aan 'n oppervlak geadsorbeer is.
Oorgangsmetaalhidriede bevat verbindings wat as kovalente hidriede geklassifiseer kan word, en sommige word selfs as interstisiële hidriede geklassifiseer.
Interstisiële hidriede word beskryf as metaalbindings en bestaan meestal in metale of legerings. Hierdie stelsels het gewoonlik wisselende hoeveelhede waterstofatome in die rooster, met die waterstof ewekansig versprei. Palladium absorbeer byvoorbeeld tot 900 keer sy eie hoeveelheid waterstof teen kamertemperature en vorm dan palladiumhidried. Hierdie materiaal word ondersoek vir brandstofselle in voertuie.
Hidriede het 'n verskeidenheid toepassings, insluitend:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.