Huis van Plantagenêt
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Huis van Plantagenêt het van 1154 tot 1485 oor Engeland regeer. Dit was oorspronklik die Huis van Anjou, ook die Angevyne genoem, en dié het later verdeel in die Huis van Lancaster en die Huis van York.
Huis van Plantagenêt | |
---|---|
Wapen van die Huis van Plantagenêt. | |
Titels | Koning van Engeland Koning van Frankryk Lord van Ierland Prins van Wallis Graaf van Anjou |
Primêre huis | Huis van Anjou |
Voorganger | Huis van Normandië |
Opvolger | Huis van Tudor |
Stigter | Hendrik II |
Laaste heerser | Richard III |
Die dinastie het ook Wallis en Ierland verower en oor groot dele van Frankryk regeer: Normandië, Akwitanië, Maine, Anjou, Touraine, Gascogne en Saintonge. Koning Jan Sonder Land het egter al sy Franse grondgebied in die Honderdjarige Oorlog verloor; in 1453 was net Calais nog in Engelse hande.
Die naam Plantagenêt is nie deur die dinastie se eerste konings gebruik nie. Richard van York, die pa van Eduard IV en Richard III, was die eerste monarg wat dit gebruik het, vanaf c. 1448. Dit is afgelei van Planta genesta, die Latynse naam vir die brem-plant. Dit was die bynaam van die huis se stamvader, Godfried V van Anjou, wat glo die gewoonte gehad het om ’n bremtakkie op sy hoed te dra.