KV53
From Wikipedia, the free encyclopedia
KV53 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is in 1906 ontdek deur Edward R. Ayrton, wat uitgrawings namens die Amerikaanse miljoenêr-sakeman Theodore M. Davis gedoen het. Dit bestaan uit 'n enkele kamer aan die onderpunt van 'n skag.[1]
Kitsfeite
KV53 | ||
Die grafkelder van 'n onbekende | ||
Die plan van KV53. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | Egipte | |
Ontdek | 1906 | |
Uitgrawings deur | Edward R. Ayrton (1906) Zahi Hawass (2009-'10) | |
Sluit