From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kansasrivier (Engels: Kansas River), in die sentrale deelstaat Kansas in die Verenigde State, vloei in 'n oostelike rigting as een van die takriviere van die Missouririvier met 'n lengte van slegs 185 kilometer van sy oorsprong in Geary County tot by sy monding in die Missouririvier in Wyandotte County. Die rivier maak deel uit van die Jefferson-Missouri-Mississippi-rivierstelsel, die grootste in Noord-Amerika en een van die grootstes ter wêreld – met 'n totale lengte van 6 300 kilometer (3 900 myl) is dit die vierde langste ter wêreld, en volgens sy afloop van 2 445 m³/s (86 340 ft³/s) die tiende grootste ter wêreld.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Kansasrivier | |
---|---|
Die Kansasrivier naby De Soto. | |
Kaart van die Kansasrivier-bekken in Noord-Amerika. | |
Stroomgebied | Verenigde State van Amerika |
Hoofrivier | Mississippirivier |
Oorsprong | Geary County |
Sytak -links | Big Blue, Republican, Solomon |
Sytak -regs | Smoky Hill |
Monding | Missouririvier in Wyandotte County |
Koördinate: 39°6′55″N 94°36′38″W |
Vanaf die samevloei van die Republicanrivier en die Smoky Hillrivier, net oos van die plek gepas genaamd Junction City (310 m bo seevlak), vloei die Kansasrivier ongeveer 238 kilometer[1] in 'n oostelike rigting om by die Missouririvier aan te sluit by Kaw Point (220 m bo seevlak) in Kansas City. Die hele Kansasrivier val slegs 98 meter op sy roete seewaarts, dit is ongeveer 38 cm/km. Die Kansasvallei is slegs 185 kilometer lank;[1] die res van die lengte van die rivier is 'n gekronkel deur die vloedvlakte. Die rivier se oorspronklike roete volg rofweg 'n paadjie van gesmelte gletserwater van die Kansan-gletser.[2]
Die Kansasrivier is vernoem na die Kanza- (Kaw) mense wat die area lank gelede begin bewoon het. Die Kansasrivier speel steeds 'n beduidende rol vir die Amerikaanse uitbreiding na die weste.[3][4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.