Katoognewel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Katoognewel of NGC 6543, is 'n planetêre newel in die sterrebeeld van die Draak. Struktuurgewys is dit een van die mees komplekse newels bekend, met hoëresolusiefoto's van die Hubble-ruimteteleskoop wat ongelooflike strukture soos knope, strale, borrels en seningrige boogagtige kenmerke onthul het. In die middel van die newel is daar 'n warm en helder ster; ongeveer 'n duisend jaar gelede het die ster die buitenste laag afgestoot, om die newel te vorm.
Katoognewel | ||||
'n Saamgestelde beeld wat op optiese foto's van die Hubble-ruimteteleskoop en x-straaldata van die Chandra-X-straalsterrewag berus | ||||
Soort newel | Planetêre newel | |||
Sterrebeeld | Draak | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Deklinasie | +22º 43' 16" | |||
Skynmagnitude (m) | 9,8 | |||
Absolute magnitude (M) | −0.2+0.8−0.6 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 3300 ± 900 (1000 ± 300 parsec)[1] | |||
Ouderdom (jaar) | 1000 ± 260[2] | |||
Skynbare grootte | >300 boogsekondes | |||
Besonderse kenmerke | Baie komplekse struktuur | |||
Ander name | ||||
NGC 6543,[3] Slaknewel,[3] Sonneblomnewel,[3] (sluit IC 4677 in),[3] Caldwell 6 | ||||
|
Ontdek deur William Herschel op die 15de Februarie 1786, was dit die eerste planetêre newel wie se spektrum ondersoek was deur die amateur sterrekundige William Huggins in 1864. Die resultate van die ondersoek het vir die eerste keer getoon dat planetêre newels uit warm gasse, en nie sterre nie, bestaan. Die newel is oor die volle elektromagnetiese spektrum beskou, vanaf diep-infrarooi tot by x-strale.
Moderne studies het verskeie raaisels opgelewer. Die ingewikkeldheid van die struktuur kan moontlik deels toegeskryf word aan materiaal wat vanaf 'n sentrale binêre ster uitgewerp is, maar daar is nog geen aanduiding dat die sentrale ster 'n metgesel het nie. Metings van chemiese komponente het ook 'n groot verskil tussen metings van twee verskillende metodes aangetoon, met die oorsake van die verskil steeds onseker. Waarnemings vanaf die Hubble-ruimteteleskoop het 'n paar dowwe ringe rondom die newel getoon. Dit is sferiese skille wat lank gelede deur die sentrale ster uitgewerp is. Hoe dit gebeur het bly egter onduidelik.