Keniaanse nasionale rugbyspan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Keniaanse nasionale rugbyspan (Engels: Kenya national rugby union team; Swahili: Timu ya raga ya Kenya) is die nasionale rugbyspan wat Kenia in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaam Simbas wat in Swahili leeus beteken. Rugby word in Kenia geadministreer deur die Keniaanse Rugbyunie (Kenya Rugby Union, KRU) wat in 1970 gestig is. Kenia word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Keniaanse rugbyspan is tans (April 2024) 34ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[5] Die span word as een van die sterker Afrikaspanne na die Suid-Afrikaanse Springbokke en die Namibiese Welwitschias beskou.
Kenia | ||||
Unie | Keniaanse Rugbyunie (KRU) | |||
Bynaam(e) | Simbas (“die leeus”) | |||
Embleem | die Leeu | |||
Stadion | RFUEA-veld, Nairobi | |||
Kapasiteit | 6 000 | |||
Afrigter(s) | Jerome Paarwater (sedert 2023) | |||
Kaptein(s) | Daniel Sikuta | |||
|
||||
Statistiek | ||||
---|---|---|---|---|
Meeste toetse | Joel Nganga (52)[1] | |||
Meeste toetspunte | Darwin Mukidza (385)[2] | |||
Meeste drieë | Darwin Mukidza (18)[3] | |||
Eerste internasionale wedstryd | ||||
Kenia wen teen Tanganjika[4] (1954) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Kenia 96–3 Korea (10 Augustus 1987) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Portugal 85–0 Kenia (Doebai, Verenigde Arabiese Emirate; 12 November 2022) | ||||
Amptelike webwerf | ||||
www.kru.co.ke |
Hulle tuisveld is die RFUEA-veld in Nairobi wat in 1955 vir ’n Oos-Afrika-span teen die Britse en Ierse Leeus voorberei is. Kenia kon nog nie vir ’n rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie.[6] Sedert 2003 neem Kenia aan die jaarlikse Afrikabeker deel en kon die 2011- en 2013-toernooie wen. Een voormalige Keniaanse rugbyspeler is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.