From Wikipedia, the free encyclopedia
Kevin Leo (gebore 18 Augustus 1971 in Rustenburg) is 'n Suid-Afrikaanse sanger wat opera- en ligte Afrikaanse liedjies sing. Hy tree ook gereeld saam met Jakkie Louw op onder die verhoognaam Jakkals en Leo; en saam met Mathys Roets en Danie Niehaus as Drie van die Bestes. Hy is bekend vir treffers soos Se C´est la vie, Ek sal jou nooit vergeet en Liewe broer.[1]
Kevin Leo | |
---|---|
Gebore | 18 Augustus 1971 Rustenburg, Suid-Afrika |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Sanger en Akteur |
Jare aktief | 1995 - nou |
Etikette | LEONESS MUSIQUE, SONY, SELECT |
Assosiasies | Drie van die Bestes Jakkals en Leo |
Webwerf | kevinleo.co.za |
In 1994 dring hy deur tot die finale rondte van die Crescendo-kompetisie in die afdeling mansvokaal.
Leo neem in Junie 2006 aan die internasionale operakompetisie Valsesia Musica in die Piëmontese Valsesia-Alpevallei in Italië deel en behaal die vierde plek. Tydens die wennerskonsert is Leo as Pavarotti Pocco of Klein Pavarotti voorgestel.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.