18 Augustus
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
18 Augustus is die 230ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (231ste in skrikkeljare). Daar volg nog 135 dae in die res van die jaar.
<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
Gebeure
- 778 – Slag van Roncevalles, besing in die Rolandslied.
- 1516 – Adriaan Florenszoon Boeyens (later Pous Adrianus VI) word biskop van Tortosa, Spanje.
- 1665 – Die eerste Nederduitse Gereformeerde gemeente in Suid-Afrika gestig (1665) met die landing van ds. Johannes van Arckel as eerste leraar van die NG gemeente Kaapstad.
- 1748 – Pous Benedictus XIV verklaar Joseph Calasanz salig.
- 1877 – Asaph Hall ontdek Mars se grootste en naaste maan, Phobos.
- 1932 – Die Switserse professor August Piccard se vlug in die stratosfeer op ´n hoogte van 16 201 m bo seevlak breek die wêreldrekord.
- 1964 – Weens apartheid word Suid-Afrika uit die Olimpiese Spele-beweging geskors.
Remove ads
Geboortes
- 1830 – Frans Josef I van Oostenryk, laaste keiser van Oostenryk en eerste keiser van Oostenryk-Hongarye († 1916).
- 1855 – Adriaan Moorrees, teoloog en leier in die NG Kerk, skrywer en digter († 1938).
- 1870 – Sarel Eloff, Boere-kommandant van die ZAR en ’n kleinseun van pres. Paul Kruger († 1944).
- 1906 – André van Gyseghem, Engelse akteur en teaterdirekteur († 1979).
- 1927 – Rosalynn Carter, die Verenigde State se Eerste Dame tussen 1977 en 1981.
- 1927 – Victor Edouard d'Assonville, Suid-Afrikaanse akademiese teoloog, historikus en skrywer († 2022).
- 1933 – I.D. Lamprecht, Suid-Afrikaanse skrywer († 2017).
- 1935 – Hifikepunye Lucas Pohamba, tweede president van Namibië en leier van SWAPO.
- 1936 – Robert Redford, Amerikaanse akteur.
- 1971 – Kevin Leo, Suid-Afrikaanse opera- en ligte liedjiesanger.
- 1984 – Wilhelm van der Walt, Suid-Afrikaanse akteur, Ty in 7de Laan.
- 1989 – Willie le Roux, Springbokrugbyspeler.
- 1989 – Reeza Hendricks, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
Remove ads
Sterftes
- 440 – Pous Sixtus III, die 44ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1276 – Pous Adrianus V, die 186ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1220).
- 1258 – Theodorus II Laskaris, keiser van die Niceense Ryk (* circa 1222).
- 1503 – Pous Alexander VI, die 214de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1431).
- 1559 – Pous Paulus IV, die 223ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1476).
- 1793 – Joachim van Plettenberg, goewerneur van die Kaapkolonie (* 1739).
- 1829 – Sir David Baird, Britse generaal en militêre goerwerneur in die Kaapkolonie (* 1757).
- 1840 – A.C.W. Staring, Nederlandse landheer, landboukundige en digter (* 1767).
- 1917 – Charles Eugène Bertrand, 'n Franse plantkundige, paleobotanis en geoloog (* 1851).
- 1940 – Walter Chrysler, Amerikaanse nyweraar, pionier van die motorbedryf (* 1875).
- 1941 – Robert English, Engelse akteur (* 1878).
- 2015 – Khaled al-Asaad, Siriese argeoloog (* 1934).
- 2018 – Kofi Annan, Ghanese diplomaat en sewende sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (* 1938).
- 2024 – Alain Delon, Franse akteur (* 1935).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Sixtus III in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads