From Wikipedia, the free encyclopedia
Klas 11E is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik word. Dit is 'n Co-Co-ontwerp (twee driewieldraaistelle met traksiemotors op elke as). Die lokomotief benodig 25 kV wisselstroom toevoer. Hierdie lokomotiewe is ontwerp om op die Ermelo-Richardsbaai steenkooltrajek diens te doen.
SAR no. 11-009 op Vryheid, KwaZulu-Natal, 15 Augustus 2007 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Elektries |
Ontwerper | General Motors |
Vervaardiger | 11-001 tot 11-030 General Motors Suid-Afrika 11-031 tot 11-045 Delta |
Serienommer | GMSA 119.01 tot 119.30 [1] Delta 119.31 tot 119.45 |
Model | GM GM5FC |
Klas | Klas 11E [2] |
Vervaardig | 1985-1987 |
Aantal gebou | 45 |
Bouspesifikasies | |
UIC wielklassifikasie | Co-Co |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Bogies | 4.06 m |
Wielbasis | 15.16 m |
Lengte | 20.47 m |
Breedte | 2.85 m |
Hoogte | 4.2 m pantograwe neer |
Asbelasting | 29 000 kg |
Lokomotiefmassa | 172 280 kg (11-001 tot 11-012) 168 000 kg (11-013 tot 11-045) |
Kragverkryging | Pantograwe |
Traksiemotors | Ses LJM 540-1 |
Transmissie | 16/71 ratverhouding |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 90 km/h |
Kraglewering | Per motor: 690 kW 1 uur 650 kW aanhoudend Totaal: 4140 kW 1 uur 3900 kW aanhoudend |
Trekkrag | 580 kN wegtrek 425 kN 1 uur 400 kN aanhoudend |
Lokomotiefremme | Reostaties [3] |
Lug | |
Lokoremkrag | 4500 kW |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë Spoornet Transnet Freight Rail |
Kragklas | 25 kV AC |
Aantal in klas | 45 |
Vlootnommer(s) | 11-001 tot 11-045 |
Afleweringsdatum | 1985-1987 |
Eerste tog | 1985 |
Dit was die kragtigste lokomotief ten tye van bestelling met 'n aanhoudende lading van 3 900 kW teenoor die 3 690 kW van die Klas 9E. Vier eenhede trek 200 trokke vol steenkool met 'n totale vrag van 21 000 ton. Die lokomotiewe beskik slegs oor een kajuit omrede meer as een op 'n slag gebruik word. Op hierdie trajek moet die volgelaaide treine steil afdraandes bemeester, derhalwe beskik die lokomotiewe ook oor 4 500 kW se elektriese reostaatremvermoë.
Die lokomotiewe is deur Electromotive division of General Motors gebou. ASEA van Swede het ook van die elektriese toerusting verskaf.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.