From Wikipedia, the free encyclopedia
Klas 2E is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik was. Dit is 'n Bo-Bo-ontwerp (twee tweewieldraaistelle met traksiemotors op elke as). Drie lokomotiewe is in 1937 deur Henschel & Son in Duitsland gebou en toegerus met Siemens elektriese toerusting. Hulle het baie soos Klas 1E lokomotiewe gelyk maar die ontwerp en uitleg van die elektriese toerusting aan die binnekant het baie verskil. Hulle was ook meer kragtig as die 1E met vier motors van 300 kW elk.
'n Klas 2E-lokomotief gevolg deur 'n Klas 1E | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Elektries |
Ontwerper | Siemens-Schuckert |
Vervaardiger | Henschel & Son |
Serienommer | 23132-23134 [1] |
Model | Siemens 2E |
Klas | Klas 2E |
Vervaardig | 1937 |
Aantal gebou | 3 |
Bouspesifikasies | |
UIC wielklassifikasie | Bo-Bo |
Spoorbreedte | Kaapse spoor |
Bogies | 2.82 m |
Wielbasis | 9.42 m |
Lengte | 13.31 m |
Breedte | 2.779 m |
Hoogte | 4.0 m pantograwe neer |
Asbelasting | 18.8 t |
Lokomotiefmassa | 67.7 t |
Kragverkryging | Pantograwe |
Traksiemotors | Vier |
Transmissie | 17/75 ratverhouding |
Veelvuldige werking | 3 maksimum |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 72 km/h (45 mpu)[2] |
Kraglewering | 300 kW per motor |
Trekkrag | 94 kN (21 200 lbk) |
Lug & Vakuum | |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Kragklas | 3 kV DC |
Aantal in klas | 3 |
Vlootnommer(s) | E134-E136 |
Afleweringsdatum | 1937 |
Eerste tog | 1937 |
Uitdiensdatum | 1973 |
Hulle het diens gedoen in Transvaal en KwaZulu-Natal en later in die Kaap voordat hulle in 1973 uit diens onttrek is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.