![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/0/03/Knysna_Elephant_-_Hylton_Herd_SANParks_smaller.jpg/640px-Knysna_Elephant_-_Hylton_Herd_SANParks_smaller.jpg&w=640&q=50)
Knysna-olifant
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Knysna-olifante is 'n byna uitgestorwe, geïsoleerde populasie van Savanne-olifante (Loxodonta africana) wat in die Knysnabos aangetref word. Gouna, gepaard met die aanliggende Diepwalle-, Buffelsnek- en Knysnabos, vorm deel van die gebied wat deur die laaste oorblywende Knysna-olifante bewoon is.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/0/03/Knysna_Elephant_-_Hylton_Herd_SANParks_smaller.jpg/640px-Knysna_Elephant_-_Hylton_Herd_SANParks_smaller.jpg)
Die naam Knysna-olifant is in die Afrikaanse letterkunde deur boeke soos Kringe in ’n bos gepopulariseer en dui op die plek waar die olifante aangetref word eerder as 'n afsonderlike spesie.[1]