From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kopte (Kopties: ⲚⲓⲢⲉⲙ̀ⲛⲭⲏⲙⲓ ̀ⲛ̀Ⲭⲣⲏⲥⲧⲓ̀ⲁⲛⲟⲥ) is 'n etnies-godsdienstige groep inheems aan beide Noord-Afrika en die Midde-Ooste, hoofsaaklik in Egipte, waar hulle die grootste Christelike minderheid en 10% van dié land se bevolking vorm. Daarbenewens vorm Kopte die grootste Christelike minderheid in beide Soedan (1%) en Libië (1%).
Kopte | |
---|---|
'n Groep Koptiese monnike tussen 1898 en 1914. | |
Totale bevolking: | ca. 10–20 miljoen[1] |
Belangrike bevolkings in: | Egipte 9–15 miljoen[2][3][4][5][6][4] Soedan 500 000[7] |
Taal: | Gepraat (Egipte, Soedan, Libië): Arabies Liturgies: Kopties (byna-uitgesterf, maar in die proses van herlewing) |
Geloofsoortuiging: | Kopties-Ortodokse Kerk • Kopties-Katolieke Kerk • Protestantisme |
Verwante etniese groepe: | Ander Semitiese en Afro-Asiatiese volke • Egiptenare en Nubiërs |
Die naam van die Kopte is afgelei van die Griekse naam vir Egiptenaars (Αἰγύπτιος Aigýptios) en verwys veral ná aanhangers van die Kopties-Ortodokse Kerk. In die Romeinse, Bisantynse en die vroeë Islamitiese tydperk in Egipte is die term apart van godsdienstelike betekenisse gebruik en het ná die bevolking van beide Alexandrië en Egipte verwys.
Die taal van die Kopte, Kopties, het in die 3de eeu n.C. uit Egipties ontstaan en het as gevolg van die toenemende gebruik van Arabies byna uitgesterf. Tans word Kopties hoofsaaklik as liturgiese taal gebruik en is in proses van herlewing. In Egipte, Soedan en Libië praat Kopte in hul alledaagse lewe veral Arabies en in die diaspora Engels en ander tale.
As gevolg van spanninge met die Islamitiese meerderheid en Egipte se ekonomiese afswaai het tussen 1 en 2 miljoen Kopte in lande soos Australië, Kanada, Nieu-Seeland, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State asook in verskeie lande van Afrika, Asië en Europa gevestig. In Suid-Afrika het sowat 15 000 Kopte gevestig, veral in groot stede soos Johannesburg, Durban, Kaapstad en Pretoria.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.