Latium

From Wikipedia, the free encyclopedia

Latium
Remove ads

Latium (Italiaans: Regione Lazio) is 'n historiese landskap en administratiewe streek in Sentraal-Italië. Die grootste stad in Latium is die Italiaanse hoofstad Rome.

Meer inligting Wapen en vlag, Algemene gegewens ...
Remove ads

Geskiedenis

In die Romeinse tydperk het Latium verwys na die min of meer reghoekige area tussen die Tiber-rivier, die Sabine-gebergte, en die Middelandse See. Die moderne geografie lys die naam nie meer nie, aangesien die konnotasie met antieke Rome verband hou. Voor die aankoms van die Romeine, het verskeie etniese groepe hier gewoon. Sommige van hulle het nie eers Indo-Europese tale gepraat nie. Die Etruskers was die hoofgroep van hierdie mense, gedurende hierdie pre-Romeinse periode. Elke streekstad het sy eie staat gevorm. Indo-Europese stamme het die gebied begin binnedring, onder andere die groep wat vandag as die Latyners bekend staan. Hulle was onmiddellik deur die oorspronklike stamme in posisie van onderdrukking geplaas, wat hulle laat verenig het en teen 338 v.C. het hul stad Rome beheer oor die hele gebied gehad. Na die Bondgenote-oorlog in 90 v.C. het Rome burgerskap verleen aan al die bewoners van die stede in die gebied.

Remove ads

Provinsies, stede en enkele besienswaardighede

Thumb
Provinsies van Latium

Die administratiewe streek Lazio word verder onderverdeel in die volgende provinsies: Frosinone, Latina, Rieti, Metropolitane Stad Rome en Viterbo.

Rome-provinsie

  • Rome, hoofstad van die gebied.
  • Anzio, die vastelandse landingsplek van die Geallieerde Magte tydens die Tweede Wêreldoorlog.
  • Castel Gandolfo, waar die vroeëre pouslike somerwoning geleë is.
  • Fiumicino, waar die Leonardo da Vinci Internasionale Lughawe geleë is.
  • Frascati, 'n wynstad.
  • Ostia Antica, die oorspronklike Romeinse hawe wat Rome bedien het.
  • Marino, 'n wynstad

Ander provinsies

  • Frosinone, hoofstad van die provinsie (bevolking ongeveer 480 000 teen Desember 2006)
  • Latina, hoofstad van die provinsie (bevolking ongeveer 490 000 teen Desember 2006)
  • Rieti, hoofstad van die provinsie (bevolking ongeveer 150 000 teen Desember 2006)
  • Viterbo, hoofstad van die provinsie (bevolking ongeveer 290 000 teen Desember 2006)
Remove ads

Bron


Meer inligting Administratiewe streke van Italië ...
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads