![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/48/Anacardium_occidentalis_Blanco1.116-cropped.jpg/640px-Anacardium_occidentalis_Blanco1.116-cropped.jpg&w=640&q=50)
Mango-agtiges
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die mango-agtiges (Anacardiaceae) is 'n familie van plante wat hoort tot die orde Sapindales. Hierdie familie is redelik groot en kom in die warmer dele van die wêreld voor. Dit sluit 'n paar bekende spesies in, onder andere die peperboom (Schinus molle). Ander spesies is die kasjoe- en pimperneur en die veselperske. By party plante kom die manlike en vroulike blomme afsonderlik voor. Party spesies bevat 'n uiters giftige sap bv. die poison ivy en die pynbos (Smodingium argutum).
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Tipegenus ...
Mango-agtiges | |
---|---|
![]() | |
Kasjoeboom | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Sapindales |
Familie: | Anacardiaceae (R.Br.) Lindl. (1831) |
Tipegenus | |
Anacardium | |
Genera | |
Sluit
Daar is 500 spesies wat wêreldwyd aan die familie behoort en 80 spesies kom plaaslik voor waarvan 70 bome is.